Sunflower header
“Maak staat op ons. Elke keer.”


The Ombu sunflower header demands the minimum of combine power and diesel. Its mechanism is easily turned by hand.

Large flaps prevent any crop loss.

Fits onto any combine harvester.
Meer oor die Ombu-sonneblomtafel
Agri Afrika se Ombu-sonneblomtafel uit Argentinië is taai, sterk en duursaam, maar hy draai besonder lig sodat geen stroperkrag of diesel vermors word nie.
Die tafel kan vinnig aan enige stroper gemonteer word en al sy verstellings word maklik en gou gedoen.
Die tafel kan vinnig aan enige stroper gemonteer word en al sy verstellings word maklik en gou gedoen.
Teen ‘n stroperspoed van 10 km/h draf die Ombu gladweg deur die land sonder ‘n teken van sluk of huiwer. Die skoonmaakflappe aan die tafel se tande sorg dat nie ‘n enkele sonneblom verlore gaan nie.
Die Ombu se onderhoud verg min tyd en moeite. Benewens die normale daaglikse inspeksie, is daar ‘n paar nippels wat elke 50 uur geghries moet word.
MODEL | Ryspasiëring | Aantal rye | Tafelkaropsie | Hidrouliese keerplaat | Kamrollers |
6-ry 36” | 0,91 m | 9 | Opsioneel | Standaard | Standaard |
8-ry 30” | 0,76 m | 8 | Opsioneel | Standaard | Standaard |
12-ry 30” | 0,76 m | 12 | Opsioneel | Standaard | Standaard |
12 -ry 36” | 0,91 m | 12 | Opsioneel | Standaard | Standaard |
16-ry 30” | 0,76 m | 16 | Standaard | Standaard | Standaard |