Side – Tipper

“Setting the pace through innovation.”

The sides of the Legend side tipper can easily be removed to transport bulky items such as bales of hay.

With its state-of-the-art LED tail lights, the Legend side tipper is fully qualified and licenced for use on public roads.

The Legend side tipper has a professional heavy duty chassis.

Meer oor die Legend-sykantelwa

Versoeke van boere het gelei tot die ontwerp en vervaar- diging van Agri Afrika se Legend-sykantelwa wat met sy veelsydigheid ‘n waardevolle bate op enige plaas is.

Teenoor die meeste graanaanrywaens wat V-vormige vloere het sodat die graan maklik na onder kan uitvloei, het die Legend-sykantelwa ‘n plat bak wat hidroulies kan- tel om sy vrag vinnig en volledig af te laai. Hy laai graan net so vinnig af as die V-vloerwaens, maar hierdie platbak verseker veeldoeligheid, want benewens graan, kan jy voer of enigiets anders ook met hom aanry. Daarby kan sy kante halfpad of heeltemal afgehaal word om bale of lywige vragte te laai – en maklik af te laai.

Die feit dat die wa se bak na die kant kantel, maak dit moontlik om die vrag op plekke af te laai waar die hoogte te beperk is vir ‘n wa waarvan die bak voor oplig.

Die Legend-sykantelwa het dieselfde stewige onderstel as sy nefies, die AFRIT-leunwaens, maar net effens korter, en hy het al die nodige erkenning en toerusting soos remme en ligte om wettig op openbare paaie te ry.

MODEL Legend side tipper
Capacity 21 500 litre
Length bin 7,2 m
Width bin 2,6 m
Height bin 1,2 m
Tyres Super single
Brakes Hydraulic