About us

“Setting the pace through innovation.”

Agri Afrika is breaking new ground as the local manufacturer and importer of top quality agricultural equipment that is durable and reliable. Every time.

Wie en wat is Agri Afrika?

Agri Afrika is ‘n baanbreker in die verskaffi ng van duursame, betroubare landbouwerktuie van gehalte deur plaaslike vervaardiging en invoer van net die beste, bewese, doelgeskikte produkte vir die boer. Agri Afrika se uitgangspunt is die boer se werklike behoefte. Ons praat met die boer om te bepaal wat presies hy nodig het en sorg dan dat ons dit vir hom kry, hetsy deur dit internasionaal te gaan soek en in te voer of dit te vervaardig. Agri Afrika is aan die voorpunt van landboutegnologie wat daarop bereken is om insetkoste te beperk en opbrengste te verhoog.

Agri Afrika se volle produkreeks word regoor die land rotsvas gerugsteun met ‘n goed gevestigde, professionele infrastruktuur wat daarop ingestel is om tydige diens en onderdele te lewer. Agri Afrika se voetspoor lê langs die boer s’n in die land om by te dra tot volhoubare, winsgewende boerderysukses.

Agri Afrika streef daarna om elke kliënt die volgende te bied:

  • Die beste, tydigste diens in die bedryf
  • Lae eienaarskapkoste
  • Betroubare en duursame werktuie
  • Die minimum staantyd
  • Hoë herverkoopwaardes

Agri Afrika vir:

R

Duursaamheid

R

Betroubaarheid

R

Gehalte

R

Diens